Mark Shuttleworth | |
---|---|
Gebore | Mark Richard Shuttleworth 18 September 1973 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk Suid-Afrika |
Beroep | entrepreneur |
Webwerf | www.markshuttleworth.com |
Mark Shuttleworth (gebore 18 September 1973 in Welkom) is 'n Brits-Suid-Afrikaanse (weens dubbele burgerskap)[1] entrepreneur wat hom in 2001 in Londen,[2] en vanaf 2008 op die Man-belastinghawe gevestig het.[3] Na bewering was hy in 2015 die sesde rykste inwoner van Man, met 'n vermoë van £160 miljoen.[4] Hy staan veral bekend vir die groot wins wat hy in 1999 op 26-jarige ouderdom uit Thawte, 'n internet-handelsveiligheid-firma gemaak het.[2] In 2002 was hy ook 'n vroeë ruimtetoeris, en gevolglik die eerste burger van 'n Afrika-land in die ruimte. Shuttleworth het in 2009 aangedring om R1.5 miljard sonder 'n 10% oordragheffing uit Suid-Afrika te neem, wat vanaf 2013 uitgeloop het op sy reeks regsgedinge teen die SA-owerhede. In 2015 het die Konstitusionele Hof egter teen hom beslis.[3][5]
<ref>
tag; no text was provided for refs named tech